Menu
Diskoers
  • Artikels
    • Aktueel
    • Afrikaner Identiteit
    • Die Afrikaner en die Kerk
    • Korona
    • P-woorde
  • Skryf vir Diskoers
  • Digitale Publikasies
  • Kontak ons
    • Oor ons
    • Nuusbrief
Diskoers

Waarvoor staan jy?

Posted on Maart 11, 2019April 24, 2020

Werner Gustafson

Aanvaarding, vrede en ʼn doel. 

Drie goed in die lewe wat na my mening almal tog na opsoek is. Almal wil dit hê, al word dit nie altyd erken nie.

Om aan ʼn groep te behoort kan tog die drie dinge waarna almal so smag op een of ander manier vir ons gee.

In die groep kan mens aanvaarding vind omdat jy nie alleen in iets glo nie. ʼn Groep deel jou oortuigings, hulle het die vermoë om met oë vol vertaan na jou kyk as jy oor iets na aan jou hart praat, omdat hulle weet hoe jy voel en dink.

Daar spoel vrede oor jou hart wanneer jy jouself bemoei met iets wat jy van belang ag, selfs al spook jy met iets groter as wat jy kan verstaan. Is dit dan nie maar die dryfkrag agter ons strewe om beter mense te wees nie? Dit is waarom ek myself met trots brandmerk as ‘n Afrikaner, dis my groep waaraan ek behoort, die een wat my verstaan en wie se aktiwiteite vir my belangrik is.

Soms dryf ons doelloos rond sonder rigting, jy kan selfs die argument maak dat dit die algemene stand van ʼn student is, maar kom ons wees eerlik, ons wil nie in daardie denkwyse vasgevang bly nie. Ons wil aanbeweeg en groot dinge, hoër hoogtes bereik. Ek is nie besig om te sê dat ʼn groep mense of ʼn idee van ʼn groep jou en wie jy is definieer nie, dit gee jou egter rigting. ʼn Groepsidentiteit herinner jou aan waar jy vandaan kom en hoe vêr jy al gekom het. Die pad vorentoe is dikwels makliker om uit te lê as jy weet hoe die pad agter jou gelyk het.

Afrikanerwees is waar ek aanvaarding ervaar, vrede voel en ʼn doel vind. Afrikanerskap gee my iets om voor te staan, ek wil ʼn merk vir my nageslag te los, iets waarnatoe hulle kan opkyk vir leiding. Dít is waarvoor ek opstaan in die oggende. Dis wat my dryf! Julle wat die Afrikaanse Afrikaner is, is my mense. Ons tradisies wil ek koester want dis wat ek ken en liefhet.

My eerste woorde en beste herinneringe was in Afrikaans, my drome speel af op ons Afrika kontinent.


As ek die son in die ooste sien opkom en daardie selfde vrede waaroor ek vroeër gepraat het my binne dring sal niemand, maak nie saak wie of wat dit is, vir my kan vertel dan hierdie nie my huis is nie. Ons hoort hier en ek sal nie anders oortuig kan word nie. Vir my mede-Afrikaners sal ek opstaan, ons Afrikaanse meisies oppas en langs my broers deur dik en dun staan.

Ons moet ons nie skaam vir wie en wat ons is nie, maar trots wees daarop. Met genade van bo en ondersteuning van mekaar sal ons wonders kan verrig. Die Afrikaner groep staan vir jou. Waarvoor staan jy?

Werner Gustafson is n derdejaar veeartsenykunde student wat vas glo dat jy jou alles moet gee in alles wat jy aanpak en waarin jy glo.

Hou op jou opwinding beteuel - en deel hierdie met jou vriende
  • 11
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Soek

Meeste gelees

  • ‘n Storie oor stories
  • Hemel op die platteland
  • Paljas of Afrikaner?
  • Piep, pleit, punk en protes: Fokofpolisiekar praat saam
  • Genade, sonder die kerk
  • Korona-Krisis: Die ‘groot gelykmaker’ van ons tyd? Bog!, sê ek
  • My skoene wíl ek dra
  • Waar daar ’n rokie trek leer ek iets oor kerk
  • Van COVID-19 na COVID-1984 en die pad vorentoe
  • Afrikaans het geval! Maar vir hoe lank?

Onlangs gepubliseer

  • 2020 abnormaal: Die einde en nut van nostalgie
  • Hoe lyk Afrikaans se toekoms-beitel? Oorweging van die 2020 NP van Wyk Louw-gedenklesing.
  • Twee p-woorde en ‘n d-woord vir die nuwe normaal
  • Korona in die klaskamer
  • Dit is binne óns mag om ‘business as usual’ te herdefinieer

DISKOERS OOR…

  • Afrikaner Identiteit
  • Aktueel
  • Die Afrikaner en die Kerk
  • Korona
  • Ons gunstelinge
  • P-woorde
  • Twintig-twintig toekoms

WIE IS DISKOERS?

Diskoers is ‘n aanlynplatform vir Afrikaanse studente, onder die ouderdom van 30, om te besin oor Afrikanerskap en hul ervaring in die millennium. Lekker.

Soek

Meeste gelees

  • Die Afrikaner en pseudo-progressie
  • P is vir passie (minus clichés)
  • Wat is debat ?
  • Resensie: An Act of Defiance (met ‘n caveat)
  • Die Groot Onttrek
  • Genade, sonder die kerk
  • Ek is ‘n Afrikaner?!
  • ‘n Storie oor stories
  • Hemel op die platteland
  • Afrikaner, Afri-slak

Volg ons

©2021 Diskoers | WordPress Theme by Superb WordPress Themes