Menu
Diskoers
  • Artikels
    • Aktueel
    • Afrikaner Identiteit
    • Die Afrikaner en die Kerk
    • Korona
    • P-woorde
  • Skryf vir Diskoers
  • Digitale Publikasies
  • Kontak ons
    • Oor ons
    • Nuusbrief
Diskoers

Wat is debat ?

Posted on Maart 5, 2019April 24, 2020

Daniël Eloff

Die gedeelte bat  in die woord debat kom van die Latynse werkwoord battuere, wat beteken “om te klop”. Die Engelse woorde combat asook en battlese oorsprong kom van dieselfde woord af. Vanuit die Latyn het die Franse debatre ontstaan wat beteken “om te slaan”. Die woord debat het dus aanvanklik ‘n strydlustig betekenis gehad.

Die gebruik van die woord vandag het ‘n aansienlike betekenis verandering ondergaan. Die woord vandag verwys meer na formele en vreedsame redevoering. Maar wat is debat nou regtig?

Vir te veel mense word debat gesien as slegs ‘n kulturele aktiwiteit. Vir sommiges is dit alleenlik kompetisies op skool – en universiteite vlak. Alhoewel ons skole en universiteite dikwels steunpilare vir debat is behoort debat nie slegs plaas te vind voor ‘n stel beoordelaars met puntestate nie.

Debat is ‘n aktiwiteit wat veronderstel is om in ons lesinglokale, wetgewers en vergaderings volop te wees. Plekke waar idees bespreek en beredeneer moet word. Helaas, is dit ongelukkig nie die geval nie. Suid-Afrika vandag word gekenmerk deur die afwesigheid van debat. Ons politiek is deurspek met narratiewe, retoriek en ‘n beroep op emosies eerder as op feite.

Debat het sy oorsprong gevind in beleidsformulering en besluitnemingsprosesse. Dit is gebruik as ‘n hulpmiddel in ons soeke na waarheid. Die antieke Grieke het debat gebruik tydens Ateniese demokrasie. Die Romeine het in elke municipium ‘n forum gehad waar die burgers kon gesprek voer en die senaat van die Romeinse republiek is bekend gewees vir debatte wat soms dae lank geduur het. In antieke Indië was daar ‘n lewendige en omvattend beoefende tradisie van formele debatte om verskeie godsdienstige, filosofiese, morele kwessies te ondersoek. 

Ons wêreld se kontemporêre wetgewers is vandag ook veronderstel om debat te gebruik as ‘n meganisme vir beleidsformulering en besluitneming. Die woord debat word immers 88 keer in ons Nasionale Wetgewer se reëls genoem maar kan ons dit wat in ons wetgewende gesag gebeur werklik debat noem?

Debat behoort gebruik te word as ‘n meganisme om beleid te formuleer en om openbare mening rigting te gee. Die voordeel van debat is dat dit nie slegs in die formele dele van ons samelewing gebruik kan word nie. Debat is nie net beperk tot die rol van buitemuurse aktiwiteit of wetgewende meganisme nie. Debat vind daagliks om ons plaas. In ons gesprekke met familie en vriende, op sosiale media en in ons werksplekke en onderwysinstellings. 

Ons debatteer oor wat die regte bestek of afbakening vir ons eksamen is, oor of Facebook ‘m dislikeknoppie moet hê en oor watter fliek verdien het om die Oscar toekenning te wen. Debat is om ons. Debat kom natuurlik vir ons elkeen.

Suid-Afrika vandag kort debat. Afrikaners vandag kort debat. Ons moet debateer oor ons taal. Ons moet debateer oor ons plek in ons land. Ons moet debateer oor ons geskiedenis en sekerlik die belangrikste vraagstuk vir jong Afrikaners vandag is dat ons moet debateer oor ons identiteit. 

Ons mag dalk nie onmiddelik antwoorde kry nie. Selfs na ure van beredenering en kritiese ontleding gaan ons steeds met vrae sit. Debat oor hierdie kwessies gaan nie al ons probleme oplos of ons vrae op ‘n klinkklare wyse beantwoord nie. Wat debat wel gaan doen is dit bring ons met elke gesprek, elke intellektuele uitdaging en elke wisseling van gedagtes in tree nader na die waarheid. Die waarheid oor ons erfenis, die waarheid oor ons toekoms en die waarheid oor ons identiteit vandag.

So wat is debat nou regtig? Wel, dis(-)koers.

Daniël Eloff is ‘n prokureur by Hurter Spies Ing. en is in 2017 gekies as een van Afrika se 100 Brightest Young Minds.

Hy is direkteur by AGENDA asook Podmedia. Daniël is ‘n aktiewe debatafrigter, ‘n voormalige nasionale debat wenner en beste spreker. Hy was een van die medestigters van die UP Debatsvereniging en was die vereniging se eerste voorsitter in 2015.

Hou op jou opwinding beteuel - en deel hierdie met jou vriende
  • 8
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Soek

Meeste gelees

  • Paljas of Afrikaner?
  • Piep, pleit, punk en protes: Fokofpolisiekar praat saam
  • ‘n Storie oor stories
  • Hemel op die platteland
  • Die kerk as anker
  • Reaksie: Die Afrikaner en pseudo-progressie (met spesiale vermelding aan Pretoria)
  • Kronkel-kerkpad
  • Van “ons is mos nie kerkmense nie” tot kerkganger
  • Genade, sonder die kerk
  • Korona-Krisis: Die ‘groot gelykmaker’ van ons tyd? Bog!, sê ek

Onlangs gepubliseer

  • 2020 abnormaal: Die einde en nut van nostalgie
  • Hoe lyk Afrikaans se toekoms-beitel? Oorweging van die 2020 NP van Wyk Louw-gedenklesing.
  • Twee p-woorde en ‘n d-woord vir die nuwe normaal
  • Korona in die klaskamer
  • Dit is binne óns mag om ‘business as usual’ te herdefinieer

DISKOERS OOR…

  • Afrikaner Identiteit
  • Aktueel
  • Die Afrikaner en die Kerk
  • Korona
  • Ons gunstelinge
  • P-woorde
  • Twintig-twintig toekoms

WIE IS DISKOERS?

Diskoers is ‘n aanlynplatform vir Afrikaanse studente, onder die ouderdom van 30, om te besin oor Afrikanerskap en hul ervaring in die millennium. Lekker.

Soek

Meeste gelees

  • Die Afrikaner en pseudo-progressie
  • P is vir passie (minus clichés)
  • Wat is debat ?
  • Resensie: An Act of Defiance (met ‘n caveat)
  • Die Groot Onttrek
  • Genade, sonder die kerk
  • Ek is ‘n Afrikaner?!
  • ‘n Storie oor stories
  • Hemel op die platteland
  • Afrikaner, Afri-slak

Volg ons

©2021 Diskoers | WordPress Theme by Superb WordPress Themes